VN doen beroep vir kalmte in Beiroet

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het ‘n beroep op alle partye in Beiroet gedoen om die geweld te staak en hulle te weerhou van uitdagende optrede en opruiende retoriek. Dit volg ná die dood van minstens ses mense in ‘n aanval op betogers in die Libanese hoofstad. Minstens 32 mense is gewond. Daar word berig die skietery het plaasgevind toe lede van twee oorwegend Shia-partye, Amal en Hezbollah, betoog het teen ‘n geregtelike ondersoek na die reuse ontploffing by die Beiroetse hawe verlede jaar. Die leier van die Libanese magte, Samir Geagea, het die geweld veroordeel en vra vir kalmte.