DA: Dis ‘n skande dat presidensiële wonings krag het, maar hospitale nie

Die DA sê hy dink dit is ‘n skande dat die woonbuurt in Pretoria waar die amptelike wonings van President Cyril Ramaphosa se kabinet geleë is, die Bryntirion-landgoed, nie onderhewig is aan beurtkrag nie, terwyl hospitale wel beurtkrag ondervind. Die DA-lid, Ghaleb Cachalia, sê volgens die nasionale standaarde wat beurtkrag reguleer, is hospitale van die nasionale sleutelpunte wat aangedui word as instellings wat geskeduleer is vir beurtkrag.