Voedselsekerheid onder die loep in SA

Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het sy verbintenis tot voedselsekerheid in die land herhaal. Die hoofdirekteur verantwoordelik vir voedselsekerheid, Jemina Moeng, het tydens die departement se Vrouemaand-webinaar planne vir die komende jaar onthul. Sy sê hulle het ook met verskeie departemente hande gevat om ‘n reeks voedsel- en voedingsprogramme vir gemeenskappe te bewerkstellig: