Voedselsekerheid en beurtkrag – kenner sê

Die bekende landbou-ekonoom sê die erge kragonderbrekings in die buurland raak die landbou-sektor. Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza het met landbou-leiers in die buurland vergader om beurtkrag te bespreek. Die bedryfsleiers het die probleme waarmee ondernemings en werkers te kampe het, oorgedra en die bedreiging vir voedselsekerheid uitgelig. Hulle het gevra vir gesamentlike strategieë om die uitwerking te versag met die instel van gebeurlikheidsplanne. Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die impak van beurtkrag.

Daar is natuurlik plaaslik ook kommer omdat Namibië op Suid-Afrika staatmaak vir voedselinvoere. Laubscher sê dit het ‘n wesenlike impak op produksie én daar is kommer oor voedselsekerheid en -inflasie.