Nog menslike oorskot op Walvis gevind

Nog menslike oorskot is in Walvisbaai agter die Namibiese Korrektiewe Diens se fasiliteit gevind ná die Sondag-ontdekking van oorskot. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie sê dat verskeie ander geraamtes tydens die voorlopige ondersoek opgegrawe is en dat dié oorskot vermoedelik tot ses of sewe jaar terug dateer. Daar is inligting van gemeenskapslede ontvang dat die gebied waar die geraamtes gevind is, moontlik in die verlede as ‘n begraafplaas gebruik is. Hierdie inligting moet nog met tradisionele leiers geverifieer word, benewens die moontlike identifikasie van die oorskot. Shapumba vra die publiek om kalm te bly en nie paniekering te raak nie. Die ondersoek duur voort en die mag sal binnekort verdere inligting bekendmaak.