Voedselpryse nog duurder

Voedselpryse wek internasionaal kommer. Die VN se wêreld voedsel prysindeks is tans op 39,7 persent, die hoogste syfer sedert 2011. Die pandemie het volgens die VN voorsieningskettings onderbreek wat grotendeels die hoë pryse veroorsaak het. Plaaslik is daar ander uitdagings soos ‘n tekort aan vleis na die droogte en aanplantings van verskeie gewasse soos sonneblomme wat prystygings veroorsaak het. In Namibië is van die inflasie-syfers reeds tussen 11 en 16 persent. Ontleders meen armer landsburgers het groter uitdagings met hoë voedselpryse omdat meer van hulle besteebare inkomste op voedsel spandeer word.