Bokke wei hulle trommeldik in Manhattan

Owerhede in New York het 24 bokke van ‘n landelike gebied net buite die stad ingespan en in Manhattan ingejaag om indringerspesies op te vreet in Riverside-park. Honderde inwoners het langs die pad met selfone saamgedrom om die skouspel, bekend as die ‘Running of the Goats’, af te neem. Owerhede sê indringerspesies, veral onkruid is moeilik om te beheer en die bokke is mal daaroor.