Voedselprojek vir Namibiese Korrektiewe Dienste by Mariental  

Die Namibiese Korrektiewe Dienste, die VN se Wêreldvoedsel-program, Impact for Africa en Lithon Project Consultants het vandag ‘n voedselproduksie-projek by Mariental in die Hardap-streek van stapel gestuur. Hierdie baanbreker-projek op korrektiewe dienste se grond sal pogings ondersteun om voedselproduksie te bevorder, landbou-waardekettings te ontwikkel en sosio-ekonomiese uitkomste te verbeter. Die projek sal hoëwaarde-gewasse vir plaaslike en internasionale markte produseer. Die projek sal na verwagting oor 100 hektaar strek. Raphael Hamunyela, kommissaris-generaal van die Korrektiewe Dienste, sê hierdie projek sal die uitdaging van onvoldoende voedsel vir beide mense en diere aanspreek.