Twee vas oor reeks aanvalle in Mpumalanga  

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Daphney Manamela, het alle polisielede wat by transitorooftog-operasies betrokke is, geprys oor hul toewyding tot die bekamping van misdaad. Dit volg nadat twee verdagtes wat na bewering betrokke was by voorvalle van OTM-bomaanvalle of transito-rooftogte, in hegtenis geneem is vir die besit van wapens en plofstof in onderskeidelik Mzinti en Masibekela. ‘n Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê daar was voorvalle waarin verdagtes verskeie sakepersele aangeval het, meestal vulstasies, waar plofstof gebruik is om toegang tot kontant in inloop-kluise en kitsbanke te kry.