Vermeende brandstigter bly in aanhouding

Die 39-jarige Windhoekse vrou wat glo haar eks-kêrel en sy meisie se sinkhuis aan die brand gesteek het, bly in aanhouding. Mechilde Karomo staan tereg op klagte van brandstigting en moord op die 40-jarige Leonard Aupindi Kadubili en en 28-jarige Anastasia Ihemba. Kadubili en Ihemba het op 26 Desember 2022 in Windhoek se informele nedersetting Okahandja Park doodgebrand. Volgens aanklaer Victoria Thompson is dit ernstige aanklagte en die vrees bestaan dat die beskuldigde met die ondersoek en staatsgetuies kan inmeng indien sy op borgtog vrygelaat word. Landdros Jilleen Kapia het Karomo egter ingelig oor haar reg om ‘n formele borgaansoek voor die hof te bring voor sy weer op 24 Februarie in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn.