Voedselproduksie nie volhoubaar nie

Agri SA sê stygende insetkoste bied ‘n groot uitdaging vir voedselproduksie in Suid-Afrika. Die koste van kunsmis, onkruiddoders, verpakking, diesel, elektrisiteit en arbeid neem vinnig toe, wat dit vir baie boere byna onmoontlik maak om voedsel volhoubaar te produseer. Die uitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede, sê die jongste navorsing toon dat Suid-Afrika die derde duurste land in terme van kunsmiskoste vir ‘n graan- en oliesaadprodusent is.