Suksesvolle oorplanting van varknier in ‘n menslike pasiënt

Amerikaanse sjirurge sê hulle het sukses gehad met die oorplanting van die varknier in ‘n mens. Die operasie het twee ure geduur en is in die New York University Langone Health-sentrum uitgevoer. ‘n Pasiënt wat breindood verklaar is se familie het toestemming gegee dat die oorplanting op haar getoets is. Die varknier is geneties aangepas om hom as mensnier te vermom. Die nier is met die korrekte buise, vene en are aan die pasiënt se bo-been gekoppel en het vir twee ure die bloed doeltreffend gefiltreer.