Voedselinflasie in K2 is laer as verlede jaar, glo dit of nie

Voedselinflasie vir die tweede kwartaal het met 6,6 persent toegeneem teenoor 7,1 persent in dieselfde tydperk verlede jaar. Hoewel dit amper onwaar voorkom, sal verbruikers onthou daar was tekorte aan slagdiere en vleis-produkte, wat wild insluit, wat die prys verlede jaar skerp opgestoot het. Dit statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê hoewel die algehele inflasie laer is, wek dit steeds kommer. Hy sê vir die kwartaal onder oorweging, het gemiddelde pryse vir olie en vette met 25,7 persent gestyg, vrugte met 16,1 persent en graan met 6,8 persent. Vleis het die laagste inflasiekoers van 3,8 persent getoon, gevolg deur vis en groente, wat die tweede laagste inflasie van 4,2 persent elk aangeteken het. Avokado’s het die hoogste prysverandering van 72,5 persent aangeteken, gevolg deur sitrusvrugte teen 8,3 persent.