Kenner verduidelik hoekom Air Namibia se bates sukkel om te verkoop

Die likwidateurs van Air Namibia het volgens berigte uitdagings om die redery se bates te verkoop. Dave Bruni en Ian McLaren is onder druk omdat die oud-personeel van die redery ongeduldig raak vir hul skeidingspakkette. Maar, die lugvaartkenner Linden Birns van Plane Talking in Suid-Afrika, sê dit sal moeilik wees, veral in verband met die verkoop van die redery se Airbus A319 wat rondom 2013 aangeskaf is.