Reaksie op Amushelelo, Nauyoma se ‘nuwe baadjie’

Dit wil voorkom asof die twee arbeidsaktiviste, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma hul aanslag teenoor werkgewers in die hoofstad aangepas het. Die twee het met die bestuur van Agra ontmoet en blykbaar uiters produktiewe besprekings gehou in verband met die belangrikheid van landbou vir Namibië se ekonomie. Daar is ook melding gemaak van vennootskappe tussen die twee partye. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gepraat oor die nuwe baadjie wat die twee aangetrek het.