VN verwerp Rusland se versoek vir geheime stemming

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het Rusland se versoek verwerp om ‘n geheime stemming te hou, oor of die land se stap om vier gedeeltelik besette streke in Oekraïne binne te val, veroordeel moet word. Altesaam 107 van die VN se 193 lidlande het ten gunste van ‘n openbare stemming gestem. Rusland het aangevoer dat Westerse steunwerwing dinge uiters moeilik kan maak indien menings in die openbaar uitgespreek word. Die stemming oor die voorstel sal waarskynlik môre plaasvind.