NotInMyName vra polisie moet sekswerkers beter beskerm

Die organisasie, NotInMyName, het die polisie aangemoedig om sekswerkers meer aktief te beskerm. Die organisasie sê dit sal ‘n veilige platform verseker vir die aanmeld van seksuele aanranding, verkragting en ander misdade wat hulle ervaar. Sondag is die liggame van ses vroue, wat vermoedelik deur ‘n 21-jarige man vermoor is, in ‘n gebou in Johannesburg gevind. Die woordvoerder, Nwabisa Sigaba, sê die maatskaplik-ekonomiese toestande van vroue moet verander om geslagsgeweld en vrouemoord die hoof te bied.