VN verskerp sy bystand in Somalië

Die Wêreldvoedselprogram van die Verenigde Nasies sê die verhoging in die lewering van voedsel en voedingsbystand aan groot getalle  mense in Somalië het bygedra om tot dusver die ergste gevolge van die land se hongerkrisis teen te werk. Die program het verlede maand byna 4,1 miljoen mense met noodvoedsel en geldelike hulp bereik, asook ‘n halfmiljoen ondervoede kinders en moeders met behandeling vir wanvoeding. Die WVP sê hy gaan voort met hierdie werk, veral in gebiede wat moeilik bereikbaar is. Hy sal ook beleggings verskerp in langtermyn-programme, soos die voorkoming van wanvoeding.