Verkiesingshervorming kan demokrasie red

Oudpresident Thabo Mbeki sê beleidshervorming om verkiesings-bestuursliggame in Suid-Afrika te beveilig, is nodig om die agteruitgang van demokrasie te beperk. Dit volg nadat die Nasionale Vergadering die Verkiesings-wysigingswetsontwerp aanvaar het, wat die weg baan dat onafhanklike kandidate in nasionale en provinsiale verkiesings mag staan. Mbeki het die vyfde algemene vergadering en konferensie van die vereniging van wêreld-verkiesingsliggame in Kaapstad toegespreek en gesê verkiesingshervorming kan demokrasie red: