Truss moenie pensioen ontvang nie, sy was dan net 44 dae daar

Liz Truss is dalk verneder omdat sy ná net ses weke gedwing is om as Britse premier te bedank, maar finansieel was dit glad nie ‘n verlies nie. Volgens berigte is sy vir die res van haar lewe geregtig op ‘n jaarlikse toelaag van meer as 115 000 pond, of 2,3 miljoen Namibiese dollar, wat aan alle voormalige regeringsleiers gegee word. Die leier van die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê na ‘n skamele 44 dae in die amp, moet sy die geld van die hand wys.