VN se sekretaris-generaal veroordeel staatsgreep in Soedan

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het die staatsgreep in Soedan veroordeel en eis dat die burgerlike eerste minister, Abdalla Hamdok, onmiddellik vrygelaat word. Soedan se topgeneraal het ‘n noodtoestand verklaar, die owerheid ontbind wat die land se oorgang na demokrasie lei, en aangekondig ‘n nuwe regering gaan ingestel word. Generaal Abdel Fattah al-Burhan se aankondiging op televisie volg nadat gewapende magte amptenare gevangene geneem het wat die oorgang na demokrasie lei nadat Omar al- 

Bashir in April 2019 uit die kussings gelig is.