Covid-pandemie eis 862 lewens in Khomas

Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod-Katjirua het vandag gesê sedert Covid-19 een jaar, sewe maande en agt dae gelede uitgebreek het, is altesaam 862 mense in die Khomas-streek daaraan dood. Sy het vanoggend tydens die afskop van die Covid-inentingsveldtog gesê 60 persent inwoners moet ingeënt word voor kudde-immuniteit bereik kan word.