VN se sekretaris-generaal ontmoet môre eers Turkse President
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal Antonio Guterres gaan eers die Turkse hoofstad Ankara besoek voordat hy Dinsdag Moskou toe gaan om met Russiese President Vladimir Putin en Sergey Lavrov, sy minister van buitelandse sake, samesprekings te voer. Guterres sal Maandag deur die Turkse President Tayyip Erdogan ontvang word met Turkye wat ‘n groot rol speel in humanitêre besprekings tussen die Oekraïne en Rusland. Ná Moskou sal Guterres vir President Volodymyr Zelensky in die Oekraïne ontmoet.