Drankhandelaars-vereniging van SA bekommerd oor wysigings aan Gesondheidswet

Die Nasionale Drankhandelaars-vereniging in Suid-Afrika sê die voorgestelde wysigings aan die Gesondheidswet sal sy lede vervreem. Die vereniging sê die regering het nog nie bewyse gelewer dat alkohol die verspreiding van aansteeklike siektes aanhelp nie. Hulle beklemtoon nog ‘n verbod op alkoholverkope sal die sektor nadelig raak. Die publiek het tot môre om oor die voorgestelde gesondheidsregulasies kommentaar te lewer.