VN se onderwysberaad sluit af, nou moet Namibië implementeer

Die Transforming Education-beraad wat aan die kant van die 77ste sessie van die VN se Algemene Vergadering plaasgevind het, het tot ‘n einde geloop. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, was deel van die afvaardiging. Sy sê daar is uiters belangrike kwessies bespreek en van die belangrikste, wat geletterdheid insluit, sal nou plaaslik geïmplementeer word.