VN: Respek vir menseregte in tru-rat

Die hoof van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, waarsku die respek vir menseregte gaan agteruit. Hy sê 75 jaar ná die ondertekening daarvan word die Universele Verklaring van Menseregte van alle kante af aangerand. Guterres het verwys na die oorlog in Oekraïne en bedreigings van regte weens stygende armoede, hongersnood en klimaats-rampe, as tekens dat dit wêreldwyd sleg gaan met menseregte. Hy het op die opening van die VN-Menseregte-raad se jaarlikse hoofsitting gesê die miskenning en minagting van menseregte regoor die wêreld is ‘n ernstige wekroep.