Vakbond sê Eskom is onbetroubaar

Die vakbond, Giwusa, sê Eskom het ʼn onbetroubare noodsaaklike diens geword. Suid-Afrikaners ondervind voortgesette beurtkrag en die situasie sal na verwagting in die komende jare vererger. Die president van die vakbond, Mametlwa Segei, sê die krisis is groter as wat die kragnuts-maatskappy bereid is om te erken.