DA: Gautengse staatshospitale het hoë risiko vir brande

Die DA in Gauteng sê die risiko vir brande by die provinsie se openbare hospitale is hoog aangesien slegs twee van die 37 geldige brand-opruimingsertifikate het. Dit is omdat hulle nie vloerplanne en toereikende brand-opsporingstelsels het nie. Die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo Ralehoko, het dit bevestig na aanleiding van die party se vrae in die wetgewer. Jack Bloom van die DA sê slegs twee hospitale het geldige brand-sertifikate.