VN probeer verbod op vroue in Afghaanse hulp-organisasies keer

‘n Senior amptenaar van die Verenigde Nasies in Afghanistan het die adjunk-premier van die Taliban-regering ontmoet om ‘n verbod te bespreek op vroue wat vir nie-regeringsorganisasies werk. Hulp-agentskappe waarsku duisende Afghane sal weens die Taliban-besluit sterf. Internasionale media berig die Taliban-oorname in 2021, in die laaste weke van die onttrekking van Amerikaanse en NAVO-magte ná 20 jaar van oorlog, het Afghanistan se ekonomie laat ineenstort. Dit het die land totaal verander, en miljoene in armoede en hongersnood gedompel.