Amerikaanse tydrenjaer sterf in sneeumobiel-ongeluk

Motorsport: Hulde is by die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië gebring aan die Amerikaanse professionele tydrenjaer, Ken Block, wat in ‘n sneeumobiel-ongeluk in Utah in Amerika gesterf het. Block, wat later ‘n internet-sensasie geword het met sy waaghalsige toertjies agter die stuur, is op die ouderdom van 55 dood. Sy span, Hoonigan Racing, het sy sterfte op sosiale media bevestig. Volgens die plaaslike polisie het Block teen ‘n steil helling gery toe die sneeumobiel omgeslaan en bo-op hom beland het.