IVP gaan landwyd in SA toer

Die leier van die IVP, Velenkosini Hlabisa, sê hy sal ‘n landwye toer onderneem om mense van die een dorp na die ander, van township tot township, en stad tot stad te ontmoet om te luister na die vergete stemme en die rykdom wysheid van mense te ontgin. Hlabisa het by die IVP se Nasionale Algemene Konferensie in 2019 gesê hulle is daaraan toegewy om met Suid-Afrikaners in verbinding te tree om die party se ontwikkelings-agenda te verryk as die party vir die mense; en Covid-19 het ‘n onderbreking veroorsaak.