VN ondersoek Belarus

Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, het drie hoëvlak-kenners aangestel vir die VN-menseregte-kantoor se feitesending oor Belarus. Hulle sal behulpsaam wees met ‘n omvattende ondersoek oor beweerde mensregteskendings in Belarus sedert Mei verlede jaar. Dit sluit in moontlike geslagsverwante oortredings. Bachelet sê die feitesending se werk sal ‘n deurslaggewende rol speel om mense aanspreeklik te hou vir die oortredings wat tot die krisis gelei het.