Ons moet huise lewer – Uutoni

Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni sê die lewering van huise aan landsburgers kan nie verder vertraag word nie. Uutoni het verwysing gemaak oor die teikens van die tweede Harambee welvaartsplan. Hy sê daar is talle gemeenskappe regoor die land wat sake in eie hande geneem het en hulle huise bou. Volgens hom is die meeste van die gemeenskappe baie arm en dus meen hy maatskappye moet hulle bystaan, veral in die konstruksie. Hy sê ook die finansiële sektor moet tafel toe kom. Met ‘n spesiale projek in die hoofstad is daar bewys dat meer huise vir minder as 200 000 doller per huis, gebou kan word sou daar krediet beskikbaar wees.