Kaapstad sê hy is slaggereed vir Sewes

Die Burgemeester van die Stad Kaapstad, Dan Plato, sê hulle is opgewonde oor die geleentheid om volgende jaar die Sewes-wêreldbeker aan te bied. Die lande wat reeds vir die manstoernooi gekwalifiseer het sluit in die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, asook Engeland, Suid-Afrika se Blitsbokke, Fijdi, Argentinië, Amerika, Frankryk en Skotland. Plato se Woordvoerder, Lyndon Khan, sê die Moederstad is slaggereed om nóg ‘n meesterstuk aan te bied: