VN: Israel se lugaanvalle is oorlogsmisdade

Israel se onlangse lugaanvalle op Gaza kan as oorlogsmisdade beskou word, sê Michelle Bachelet, hoë kommissaris by die Verenigde Nasies. Sy sê sy het geen bewyse gesien dat geboue wat aangeval is vir militêre doeleindes gebruik is nie, berig internasionale nuusagentskappe.