VN-hoof waarsku oor klimaatsverandering

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het nog ‘n waarskuwing oor klimaatsverandering uitgereik. Dit volg nadat Europa sy warmste somer in 500 jaar aangeteken het, orkaan Ian in die VSA en die oorstromings in Pakistan. Guterres het voor ‘n COP27-klimaatsberaad in die hoofstad van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kinshasa, gesê die kollektiewe verbintenis en bystand deur G20-regerings is veels te laat. Hy vra ‘n ooreenkoms tussen ontwikkelende en ontwikkelde lande.