Uitbreking van bruin-sprinkane in Noord-Kaap bevestig 

Die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming het die seisoen se eerste uitbreking van bruin-sprinkane bevestig. Dolf de Wet, ‘n boer van die plaas Michberg in die Grunau-distrik, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar nog nie in die suide van Namibië ‘n uitbreking van bruin-sprinkane is nie. De insekte is in gebiede soos Upington, Kliprand, Gamoep, Carnarvon en Loeriesfontein opgemerk. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê spanne sprinkaanbeheerders is ontplooi om die uitbreking te beheer.