Will Smith se slawerny-rolprent in Desember uitgereik

Die slawerny-spanningsrolprent Emancipation, met Will Smith in die hoofrol, word op 2 Desember in fliekteaters uitgereik. Volgens berigte sal die rolprent ‘n week later beskikbaar wees om te stroom, wat beteken dit kom in aanmerking vir volgende jaar se Oscars, waarvan Smith vir tien-jaar verban is. Hy het intussen uit die Oscar-toekenningsorganisasie bedank, ná die voorval toe hy die komediant, Chris Rock, op die verhoog bygedam het. Emancipation is gegrond op die ware verhaal van Whipped Peter, wat in die 1860’s by die Unie-leër aangesluit het nadat hy in Louisiana uit slawerny ontsnap het.