VN: Geslagsongelykheid bly stagnant

Navorsing van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram dui daarop geslagsongelykheid bly stagnant weens kulturele vooroordele en maatskaplike druk. Die verslag, wat 85 persent van die wêreld se bevolking gemeet het, het bevind nege uit tien mans en vroue het steeds inherente vooroordele teenoor vroue. Die helfte van die wêreld se bevolking glo mans is beter politieke leiers, terwyl 43 persent glo mans is meer bevoeg as sake-bestuurders. Die verslag het ook aan die lig gebring een uit vier mense glo dit is geregverdig wanneer ‘n man sy vrou fisies aanrand.