Netbal: Proteas vergader voor Wêreldbeker op Stellenbosch

Netbal: Die Proteas het vandag die eerste keer voor die Wêreldbeker-toernooi by Stellenbosch se Akademie vir Sport vergader. Die spanbestuurder, Nisha Rupnarain, sê tydens vandag se vergadering sal die 15 spelers hul uitrustings ontvang en deur die laaste gedeelte van hul voorbereidings gaan. Die span sal Woensdag in Kaapstad aanmeld vir die voor-Wêreldbeker-kamp. Die toernooi begin op die 28 Julie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum, en die eindstryd word op die sesde Augustus gespeel. Sestien spanne sal deelneem.