VN aanvaar resolusie oor verkragting in vredestyd

Die Verenigde Nasies het ‘n dokument aanvaar wat daarop gemik is om seksuele aanranding te bekamp en om toegang tot geregtigheid te bied vir slagoffers van sodanige mishandeling. Die stemming in die Algemene Vergadering is met uitroepe van vreugde en applous deur die gehoor verwelkom. Die stigter van die nie-regeringsorganisasie Rise, Amanda Nguyen, sê dit is die eerste keer dat die VN ‘n selfstandige resolusie aanvaar wat verkragting in vredestyd erken. Rise beywer hom al vir jare om die stemme van oorlewendes van seksuele aanranding regoor die wêreld te laat hoor.