SPAR en Felisberto poog om te skik in N$6,7m saak

SPAR Namibië en die voormalige eienaar van die winkel op Rundu, Adalberto Felisberto is tans besig om te onderhandel vir ‘n skikkingsooreenkoms. SPAR het die aansoek in die hoërhof gebring en sê hy word sedert Desember 2019 net meer as 6,7 miljoen Namibiese dollar geskuld. Felisberto het verdediging aangeteken maar, die partye vra die hof vanoggend vir uitstel tot 3 Oktober sodat hulle onderhandelings kan afhandel.