Kyrgios stuit Medvedev in sy spore

Nick Kyrgios van Australië het sy goeie vorm hierdie seisoen voortgesit en Daniil Medvedev in sy spore gestuit in sy poging om sy Amerikaanse Ope-titel in New York te behou. Die 27-jarige het die Rus met 7-6, 3-6, 6-3 en 6-2 verslaan om sy plek in die kwarteindronde te bespreek, waar hy teen Medvedev se landgenoot, die 27ste gekeurde Karen Khachanov, te staan kom. Kyrgios sê mense het voorwaar begin twyfel in sy vermoë om sulke spel by ʼn major op te dis: