Vloei by Ruacana neem effe af

Vloei by Ruacana op die Kunene-rivier het afgeneem na 309,2 kubieke meter per sekonde van 578,1 wat ‘n week gelede aangeteken is. Die kragopwekkingsvermoë is dalk laer maar dit vaar baie beter as verlede jaar toe dit op 181,6 kubieke meter per sekonde aangeteken is. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê verder dat die Zambezi-rivier by Katima baie laag is op 1,33 meter teenoor net meer as 4 meter verlede jaar. Die Okavango-rivier by Rundu is op 3,52 meter teenoor 3,4 meter verlede jaar. Op die Oranje-rivier is Blouputs op 0,6 meter gemeet teenoor net meer as ‘n meter verlede jaar.