EV-herlaai-infrastruktuur kry plaaslik aandag

Elektriese voertuie word meer gewild in Namibië as gevolg van die voortdurende styging in brandstofpryse en die toenemende skaarsheid van nuwe voertuie en voertuigonderdele. Baie potensiële kliënte is egter bekommerd oor die beskikbaarheid van laaistasies vir alternatiewe vorme van persoonlike vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jens Denk, ‘n aandeelhouer by Electric Vehicles Namibia, wat mense aanmoedig om in die huidige ekonomiese klimaat elektriese voertuie te koop.