Asiese hittegolf sal nog tot volgende maand voortduur

Wetenskaplikes waarsku, die hittegolf wat tans oor Suidoos-Asië ervaar word, sal die res van die maand én die grootste deel van volgende maand nog voortduur. Die streek met sy meer as 675-miljoen mense in elf lande, leef tans in temperature wat ongekende vlakke bereik het. Maleisië het reeds twee hitteverwante sterftes aangeteken, insluitend ‘n driejarige seun, terwyl Viëtnam ‘n noodtoestand afgekondig het. Die heersende hittegolf word toegeskryf aan ‘n kombinasie van faktore wat mensgemaakte klimaatsverandering en die El Niño-verskynsel insluit.