PSEMAS moet hersien word.

Volgens berigte is die Namibiese mediese fonds vir staatsamptenare, PSEMAS, tans in die moeilikheid. Die regering het PSEMAS al by verskeie geleenthede as onvolhoubaar beskryf en hersiening is nodig. Omu Kakujaha-Matundu , senior lektor in die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië het sy mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.