Pres. Geingob lei môre afvaardiging na Botswana

Namibiese President Hage Geingob sal sy Namibiese afvaardiging na Gaborone, Botswana, lei om die inwydingsessie van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie Vrydag by te woon. Dit is op uitnodiging van die President van Botswana, Mokgweetsi Masisi. Daar word van die Bi-Nasionale Kommissie verwag om samewerking op diplomatieke, regs-, ekonomiese en maatskaplike gebiede, asook verdediging en sekuriteit, te hersien. Na verwagting sal nuwe samewerkingsooreenkomste onderteken word. Die President vertrek môrenamiddag na Botswana en sal weer Vrydag terug in Namibië wees.