Vliegtuig met liggaam van oupresident van Angola land in Luanda

ʼn Vliegtuig wat die liggaam van die voormalige President van Angola, José Eduardo dos Santos, vervoer het Saterdagaand op die lughawe van Luanda aangekom. Dit volg weke na ‘n lang twis oor die repatriasie van sy oorskot, na sy dood verlede maand in Spanje. ʼn Hof in Barcelona het verlede week beslis sy liggaam moet aan sy weduwee, Ana Paula, oorhandig en toestemming moet verleen word vir die repatriasie en internasionale vervoer van sy oorskot na Angola. Ana Paula en van sy kinders was teenwoordig. Die begrafnis-datum moet nog bepaal word.