Namibiese onderwysministerie verseker vraestelle sal nie weer uitlek

Die Namibiese onderwysministerie sal vanjaar verseker dat geen eksamenvraestelle uitlek nie. Verlede jaar het nasionale eksamenvraestelle uitgelek en dit het die hele eksamenproses en skoolkalender ontwrig. Sekere leerders was gedwing om vraestelle oor te skryf en het uiteindelik hul uitslae laat ontvang. Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus beheermaatreëls is in plek.